Majorka
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Majorka (Katalaans: Mallorca [məˈʎɔrkə]; Spaans: Mallorca [maˈʎorka]; vanaf Latyn: Insula Maior "groter eiland", later Maiorica "die groter een", in vergelyking met Menorca "die kleiner een") is 'n Spaanse eiland in die Middellandse See en is die grootste eiland van die Baleariese Eilande. Dit is ongeveer 160 km van die ooskus van Spanje en het 'n oppervlakte van 3 640,11 km². Die hoofstad en grootste stad is Palma de Mallorca, sowel van die eiland as van die provinsie Baleariese Eilande.
Majorka Inheemse naam: Mallorca | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Majorka | |
Geografie | |
Ligging | Spanje, Baleariese Eilande, Middellandse See |
Koördinate | 39°37′N 2°59′O |
Argipel | Baleariese Eilande |
Totale eilande | 5 |
Hoofeilande | Baleariese Eilande |
Oppervlakte | 3 640,11 vk. km |
Hoogste punt | Puig Major 1 445 m |
Administrasie | |
Spanje | |
Outonome gewes | Baleariese Eilande |
Hoofstad | Palma de Mallorca |
Grootste stad | Palma de Mallorca (404 681) |
Demografie | |
Bevolking | 869 067 |
Bevolkingsgroepe | Spanjaarde, Katalane |
Grootste van die Baleariese Eilande |
Daar is twee bergreekse aan weerskante van die eiland, parallel met mekaar, wat van suidwes na noordoos strek. Tussen die bergreekse is 'n vrugbare vlakte.
Die ekonomie bestaan uit vissery en boerdery. Die eiland is ook bekend vir sy muskadel- en montana-wyne.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.