From Wikipedia, the free encyclopedia
Ahmed Hoosen Deedat (Gujarati: અહમદ હુસેન દીદત, 1 Julie 1918 – 8 Augustus 2005) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en openbare spreker van Indiese afkoms.[1] Hy was veral bekend as 'n Moslem-sendeling, wat talle inter-godsdienstige openbare debatte met evangeliese Christene, sowel as video-lesings oor Islam, die Christendom en die Bybel gehou het. Deedat het die IPCI, 'n internasionale Islamitiese sendelingsorganisasie gestig. Hy het ook verskeie boeke oor Islam en die Christendom geskryf. In 1986 het hy die Koning Faisal Internasionale Prys ontvang vir sy vyftig jaar van sendingwerk. Hy het sy skryfwerk en lesings in Engels gedoen.
Ahmed Deedat | |
---|---|
Gebore | Ahmed Hoosen Deedat 1 Julie 1918 Surat, Bombay-presidensie, Brits-Indië |
Sterf | 8 Augustus 2005 (ouderdom 87) |
Beroep | Sendeling, redenaar, openbare spreker, skrywer |
Bekend vir | Vergelykende godsdiens |
Eggenoot | Hawa Deedat |
Webwerf | http://www.ahmed-deedat.net/ |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.