Aglona
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aglona (Duits: Aglohn) is die administratiewe setel van die gelyknamige munisipaliteit (Aglonas novads) in die historiese gewes Letgallen, Letland. Die dorp is op 'n smal landstrook tussen die Cirišs- en Egles-mere sowat 40 kilometer noord-oos van Daugavpils naby die grens met Rusland geleë en het met die samesmelting van Aglona met twee ander nedersettings, Somerseta en Jaunciems, ontstaan.
Kitsfeite Land, Historiese landskap ...
Aglona | |
---|---|
Die basiliek van Aglona | |
Koördinate: 56°08′N 27°01′O | |
Land | Letland |
Historiese landskap | Letgallen |
Streek | Aglonas novads |
Hoogte | 145 m (476 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 964 |
Tydsone | UTC+2 (OET) |
• Somertyd | UTC+3 (OEST) |
Webwerf | Aglona |
Sluit
Aglona is 'n beduidende Rooms-Katolieke bedevaartsoord en staan veral bekend vir sy basiliek. Jaarliks vergader meer as 50 000 gelowiges uit Letland en aangrensende Oos-Europese lande om hier die kerklike feesdag Maria Hemelvaart (15 Augustus) met misse en plegtige prosessies te vier.