From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Agau-volk (Ge'ez: አገው Agäw) is ’n Koesjitiese etniese groep wat in Ethiopië en die naburige Eritrea woon.
Hulle praat die Agau-tale, wat tot die Koesjitiese tak van die Afro-Asiatiese taalfamilie behoort. Die meeste is Christene.
Die Agau word dalk die eerste keer genoem in die 3de-eeuse Monumentum Adulitanum, ’n inskripsie uit die Koninkryk Aksoem. Dit verwys na ’n volk, die "Athagaus", dalk van ʿAd Agaw, wat beteken "seuns[1] van Agau".[2] Die Athagus was een van die volke wat verower is deur die onbekende koning wat die Monumentum Adulitanum laat skryf het.[3] Uit latere inskripsies uit die 4de en 6de eeu lyk dit of die Agau die oorspronklike inwoners van die noordelike Ethiopiese Hoogland is en óf uit hulle blyplek gedwing is óf met ander volke vermeng geraak het.[4]
Die Koesjitiessprekende Agau-volk het tydens die bewind van die Zagwe-dinastie oor Ethiopië regeer, van omstreeks 900 tot 1270. Die naam van die dinastie kom van die Ge'ez-frase Ze-Agaw ("van die Agau") en verwys na die Agau-volk.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.