From Wikipedia, the free encyclopedia
Ethelwulf of Edelwolf (ca. 800 – 858) was koning van Wessex (839-856) en van Kent (825-856), Essex en Sussex.
Hy was die oudste seun en die opvolger van die eerste koning van Engeland, Egbert. Op sy versoek het elkeen van sy seuns ’n beurt gehad om te regeer.
Hy het die Vikings beveg wat Engeland in toenemende mate binnegeval het. Hy het ’n groot oorwinning behaal, waarskynlik by die huidige Ockley. Saam met Mercia het hy ook Cyngen ap Cadell van Wallis verslaan.
Ná die dood van sy vrou, Osburga, in 855 het hy op ’n pelgrimstog na Rome gegaan, vergesel van sy jongste seun, Alfred. Ná sy terugkeer in 856 en sy huwelik met Judith van Wes-Frankië, ’n dogter van Karel die Kale, is hy deur sy seun Ethelbald van die troon gesit.
Hy is op 13 Januarie 858 dood en is in Winchester begrawe,[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.