Adh-Dhariyat (Arabies: الذاريات, "Die Verstrooiing") is die 51ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 60 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Hoofstuk 51 noem die profete Abraham en Noag en die oordeelsdag, en herhaal die basiese boodskap van die Koran.
Volgens die Islamitiese geleerde Angelika Neuwirth se letterkundige ontleding,[1] soos uiteengesit deur Carl Ernst,[2] bestaan soera 51, nes baie ander Mekkaanse hoofstukke, uit 'n driedelige struktuur: Vers 1-23 ("Valsheid word verdoem"); 24-46 ("Die lot van vorige volke"), wat die verwoesting van Sodom insluit; en 47-60 ("Die Oordeel is seker")[3] vorm elk 'n onderafdeling van die geheel.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.