9 Metis
asteroïde / From Wikipedia, the free encyclopedia
Metis (kleinplaneetnaam: 9 Metis) is een van die grootste voorwerpe in die asteroïdegordel. Dit bestaan uit silikate en nikkel-yster, en kan die kernoorblyfsel wees van ’n groot asteroïde wat lank gelede deur ’n botsing vernietig is.[8] Metis het na raming net minder as ’n halwe persent van die totale massa van die asteroïdegordel.[2]
Kitsfeite Ontdekking, Ontdek deur ...
![]() | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | A. Graham |
Datum | 25 April 1848 |
Kleinplaneet-benaming | (9) Metis |
Alternatiewe name | 1974 QU2 |
Kleinplaneet-kategorie | Hoofgordel |
Etimologie | Metis (mitologie) |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
Epog 14 Julie 2004 | |
Afelium | 2,678 AE |
Perihelium | 2,096 AE |
Halwe lengteas | 2,387 AE |
Wentelperiode | 1346,815 d |
Gem. anomalie | 274,183° |
Baanhelling | 5,576° |
Lengteligging van stygende nodus | 68,982° |
Periheliumhoek | 5,489° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 222 × 182 × 130 km[2] 235 × 195 × 140 km[3][4] 190 km (Dunham)[1] |
Massa | (1,47 ± 0,20×1019 kg[2] |
Gem. digtheid | 4,12 ± 1,33 g/cm³[2] |
Rotasieperiode | 0,2116 d[1] |
Temperatuur | maks. 282 K (9 °C)[5] |
Spektraaltipe: | S-tipe[6] |
Skynmagnitude | 8,1[7] tot 11,83 |
Absolute magnitude | 6,28[1] |
Hoekgrootte | 0,23" tot 0,071" |
Sluit
Volgens foto's van die Hubble-ruimteteleskoop[4][9] en ligkurwe-ontledings[10] het Metis ’n lang, onreëlmatige vorm met een skerp en een breë punt.[10][9] Radarwaarnemings dui op ’n aansienlike plat gebied,[11] en dit stem ooreen met die vorm wat uit ligkurwes afgelei is.