From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 80ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Februarie 2008 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2007. Jon Stewart was die aanbieder.
80ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 24 Februarie 2008 | |
Plek | Kodak-teater, Los Angeles | |
Aanbieder | Jon Stewart | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | No Country for Old Men | |
Meeste pryse | No Country for Old Men (4) | |
Meeste benoemings | No Country for Old Men en There Will Be Blood (8 elk) |
No Country for Old Men het die meeste Oscars gewen (vier), onder meer vir beste prent en regisseur. Ander wenners sluit in The Bourne Ultimatum (drie) en La Vie en Rose en There Will Be Blood (twee elk).
’n Staking deur die Amerikaanse Skrywersgilde, wat op 5 November 2007 begin het, het gedreig om die Oscars in die wiele te ry. Die staking het gegaan oor die betaling van draaiboekskrywers vir die vertoning van hul werk op DVD's, die internet en ander moderne media.
Omdat gevrees is die staking kan op Oscar-aand nog voortduur, is ’n tweede seremonie beplan waar draaiboekskrywers se werk nie vertoon sou word en wat nie vereis het dat akteurs hul pryse self moet ontvang nie. Dit sou baie musieknommers insluit asook historiese rolprentgrepe om die 80ste jaar van die Oscars te beklemtoon.[1]
Die staking is egter op 12 Februarie beëindig ná ’n voorlopige ooreenkoms met die Alliance of Motion Picture and Television Producers, en die seremonie kon normaalweg voortgaan.
Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[2]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste animasieprent | Beste buitelandse rolprent |
|
|
Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie |
|
|
Beste kunsredigering | Beste kinematografie |
|
|
Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte |
|
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.