67ste Oscar-toekenningsaand

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die 67ste Oscar-toekenningsaand is op 27 Maart 1995 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1994. Die aanbieder was David Letterman.

Kitsfeite

Die seremonie word dalk die beste onthou om sy aanbieder. Letterman is deur sommige beskou as anders maar goed; die meeste resensente het egter sy optrede as uiters swak beskryf en die hoop uitgespreek dat hy nooit weer die Oscars aanbied nie. Die negatiewe reaksie was hoofsaaklik weens Letterman se absurde soort humor.

Forrest Gump het die aand oorheers met 13 benoemings, waarvan dit ses gewen het – onder meer die tweede agtereenvolgende Oscar vir Tom Hanks vir beste akteur. Hanks was net die tweede persoon wat twee jaar agtereenvolgens in dié kategorie gewen het (die eerste was Spencer Tracy).

’n Dokumentêre prent is amper dié jaar as beste rolprent benoem. ’n Spesiale komitee stem vir die beste dokumentêr. Hoop Dreams het nie hul kortlys gehaal nie, hoewel dit op meer top-10-lyste van resensente was as enige ander fliek, insluitende Forrest Gump, The Shawshank Redemption en Pulp Fiction. Baie vooraanstaande resensente het ’n beroep op lede van die Academy gedoen om die dokumentêr as beste rolprent te benoem, iets wat nog nooit gebeur het nie. Hul poging het egter nie geslaag nie; Hoop Dreams is wel vir beste rolprentredigering benoem, een van die min dokumentêre wat in ’n algemene kategorie benoem is.

Remove ads

Pryse

Thumb
Thumb
Thumb
Martin Landau

Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[1]

Meer inligting Beste rolprent, Beste regisseur ...

Ereprys

  • Michelangelo Antonioni

Irving G. Thalberg-gedenkprys

Jean Hersholt- Humanitêre Prys

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads