18 Scorpii
From Wikipedia, the free encyclopedia
18 Scorpii is 'n ster wat sowat 14,13 ligjare van die Son af lê teen die noordelike kant van die sterrebeeld Skerpioen. Dit het 'n skynbare magnitude van 5,5,[2] wat helder genoeg is om buite stedelike gebiede met die blote oog te sien. Die ster beweeg verder weg van die Son teen 'n radiale snelheid van +11,6.[2]
Kitsfeite
18 Scorpii
| ||||
Die ligging van 18 Scorpii (in die rooi sirkel) | ||||
Sterrebeeld | Skerpioen | |||
Spektraaltipe | G2 Va[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 16h 15m 37.27028s | |||
Deklinasie | -08° 22′ 09.9821″ | |||
Skynmagnitude (m) | 5,503[2] | |||
Absolute magnitude (M) | 4,77[2] | |||
B-V-kleurindeks | +0,64[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,18[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,03±0,03[4] | |||
Radius (R☉) | 1,010±0,009 | |||
Ligsterkte (L☉) | 1,0438±0,0120 | |||
Ouderdom (jaar) | 2,9 miljard[5] 5,64 of 7,18 miljard | |||
Temperatuur (K) | 5 817±4 | |||
Afstand (ligjaar) | 46,1 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | 0,04±0,024[6] | |||
Ander name | ||||
BD-07°4242, GJ 616, HD 146233, HIP 79672, HR 6060, SAO 141066, GC 21864, CCDM 16156-0822[3] | ||||
|
Sluit
18 Scorpii het sekere fisiese eienskappe in gemeen met die Son, ook 'n G-tipe ster. Cayrel de Strobel (1996) sluit dit in in haar oorsig van sterre soortgelyk aan die Son,[7] en Porto de Mello & da Silva (1997) identifiseer dit as 'n "jonger tweeling" van die Son.[8][9] Sommige wetenskaplikes dink die kans is goed dat die ster planete met lewe kan hê.