asteroïde From Wikipedia, the free encyclopedia
16 Psyche is een van die 10 asteroïdes in die asteroïdegordel met die grootste massa. Dit het ’n deursnee van meer as 200 km en bevat net minder as 1% van die massa van die hele asteroïdegordel. Dit is vermoedelik die ontblote ysterkern van ’n protoplaneet.[3] Dit is die swaarste metaalagtige M-tipe asteroïde. Psyche is op 17 Maart 1852 in Napels deur die Italiaanse sterrekundige Annibale de Gasparis ontdek en na die Griekse mitologiese karakter Psyche genoem.[4] Psyche is geskeduleer vir ruimteverkenning, met 'n NASA Psyche ruimtetuig, lansering wat in 2022 beplan word, aankoms in 2026, en orbitaalverkenning in 2026–2027.[5]
Psyche se wentelbaan, tussen Mars en Jupiter, is byna rond. | |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
---|---|
Epog JD 2453300.5 (22 Oktober 2004) | |
Afelium | 3,328 AE |
Perihelium | 2,513 AE |
Halwe lengteas | 2,921 AE |
Wentelperiode | 4,99 jaar (1 823,115 dae) |
Gem. anomalie | 323,379° |
Baanhelling | 3,095° |
Lengteligging van stygende nodus | 150,352° |
Periheliumhoek | 228,047° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 279 × 232 × 189 km (±10%)[2] |
Gem. radius | 113±11,5 km[2] |
Oppervlakte | 1,658±0,250×105 km2 |
Volume | 6,074±1,215×106 km3[2] |
Massa | 2,72±0,75×1019 kg[2] |
Gem. digtheid | 4 500±1 400 kg/m3[2] |
Ontsnapping- snelheid | ~180 m/s[2] |
Rotasieperiode | 4,195948±0,000001 uur[2] |
Skynmagnitude | 9,22-12,19 |
Absolute magnitude | 5,90[1] |
Die eerste 15 asteroïdes wat ontdek is, het simbole by sterrekundiges gekry as ’n soort snelskrifnaam. Psyche se simbool was , ’n halfsirkel met ’n ster bo-op; die halfsirkel verteenwoordig ’n skoenlapper se vlerk, die simbool van die siel (psyche is die Griekse woord vir "siel").[6]
Die Duitse sterrekundige J.F. Encke het in 1851 voorgestel dat ’n syfer in ’n sirkel gebruik word in plaas van ’n simbool, en 16 Psyche was in 1852 die eerste nuwe asteroïde wat ontdek is wat volgens dié skema ’n naam gekry het.[7]
Psyche se massa is groot genoeg dat dit swaartekragversteurings by ander asteroïdes veroorsaak, en dit maak ’n massabepaling moontlik. Teen 2017 was die beste raming van sy massa 2,72±0,75×1019 kg.[2][8]
Ligkurwe-ontledings dui daarop dat Psyche se vorm taamlik oneweredig is. Daar is aansienlik minder massa naby die ewenaar by ’n lengtegraad van sowat 90°. Naby die suidpool is ook twee kleiner krateragtige induikings (50-70 km in deursnee).
Radarwaarnemings dui daarop dat Psyche ’n taamlik suiwer yster-nikkel-samestelling het,[9][10] en dit stem ooreen met die feit dat dit een van die hoogste radaralbedo's in die asteroïdegordel het (0,37±0,09).[2] Dit lyk of Psyche se oppervlak uit 90% yster bestaan,[11] met klein hoeveelhede (6±1%) ortopirokseen.[12][13]
Die Nasa-infrarooiteleskoopaanleg by die Mauna Kea-sterrewag het in Oktober 2016 bewyse bekendgemaak van die teenwoordigheid van water of hidroksiel-ione op die asteroïde. Die water het Psyche vermoedelik bereik deurdat kleiner asteroïdes wat vlugtige stowwe soos koolstof, waterstof en water bevat, dit getref het.[14][15][16][17]
In 2014 is ’n sending na Psyche aan Nasa voorgestel.[18][19] ’n Span onder Lindy Elkins-Tanton[3] van die Universiteit van Arizona het ’n konsep voorgelê vir ’n robotwenteltuig. Hulle het gevoel 16 Psyche sou ’n waardevolle voorwerp wees om te bestudeer, omdat dit die enigste liggaam is wat tot dusver ontdek is wat dalk ’n metaalkern is.[19]
Die sending is in Januarie 2017 deur Nasa goedgekeur en sou aanvanklik in Oktober 2023 gelanseer word om die asteroïde in 2030 te bereik.[20] In Mei 2017 is die datums vervroeg tot onderskeidelik 2022 en 2026.[21]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.