Die jaar 1614 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 14de jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Volgens die Juliaanse kalender het die jaar op 'n Saterdag begin.
1614 |
◄ | 16de eeu | ◄17de eeu► | 18de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1609 | 1610 | 1611 | 1612 | 1613 | ◄ 1614 ► | 1615 | 1616 | 1617 | 1618 | 1619 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1614 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
|
Gebeure
- 17 Junie – Pous Paulus V promulgeer 'n nuwe uitgawe van die Rituale Romanum, die Roomse liturgieboek.
- 23 Augustus – Die Universiteit van Groningen is gestig in Nederland.
- 1 September – Sir Julius Caesar word die derde mees senior regter in Engeland.
- 11 Oktober – Adriaen Block en 'n groep Amsterdamse handelaars betoog vir eksklusiewe handelsregte in 'n area wat hy verken het en die Nuwe Nederland gedoop het.
- 16 November – Die Verdrag van Xanten eindig die opeenvolging van die oorlog van die Jülich.
- 19 November – Die Beleg van Osaka begin.
Ongedateerd
- New York word as 'n Nederlandse pelshandelspos onder die naam Nieuw Amsterdam gestig
- Die Franse Staat-Generaal ontmoet vir die laaste keer voor die era van die Franse Revolusie.
- John Napier publiseer die Mirifici Logarithmorum Canonis Descriptio, 'n tesis wat sy ontdekking van logaritmes beskryf.
- Die Rosicrucian wetgewing word ingestel in Duitsland volgens Fraternitas Rosae Crucis.
- Toyotomi Hideyori probeer die Osaka Kasteel te herstel. Tokugawa Ieya, die pa van die generaal, is woedend oor hierdie daad en neem die kasteel per storm.
- Christenskap word dwarsoor Japan verban.
- Die Rijksuniversiteit Groningen word gestig in Groningen.
Geboortes
- 1 Januarie – John Wilkins, Engelse predikant († 1672)
- 5 Januarie – Aartshertog Leopold Wilhelm van Oostenryk, Goewerneur van die Spaanse Nederlande († 1662)
- 15 Maart – Franciscus de le Boë Sylvius, Nederlandse wetenskaplike († 1672)
- 10 Mei – Zacharias Wagenaer, tweede kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop († 1668).
- 10 Julie – Arthur Annesley, Engelse koninklike staatsman († 1686)
- 16 Desember – Eberhard III, Hertog van Württemberg († 1674)
Sterftes
- 7 April – El Greco, of Domênikos Theotokópoulos, skilder, beeldhouer en argitek (* 1541)
- 15 Junie – Henry Howard, Engelse politikus (* 1540)
- 1 Julie – Isaac Casaubon, Frans-gebore geleerde (* 1559)
- 14 Julie – Camillus de Lellis, Italiaanse heilige (* 1550)
- 15 Julie – Pierre de Bourdeille, Seigneur de Brantôme, Franse historikus en biograaf
- 11 Augustus – Lavinia Fontana, Italiaanse skilder (* 1552)
- 21 Augustus – Elizabeth Báthory, Hongaarse reeksmoordenaar (* 1560)
- September – Giovanni de Macque, komponis (* c. 1550)
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.