![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/65/SWA_101_Battalion_emblem.jpg/640px-SWA_101_Battalion_emblem.jpg&w=640&q=50)
101 Bataljon
Bataljon van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) / From Wikipedia, the free encyclopedia
101 Bataljon (voorheen 1 Owambo Bataljon) was 'n bataljon van die Suid-Afrikaanse Weermag.
Kitsfeite
101 (1 Owambo) Bataljon | |
---|---|
Gestig | 1976 |
Ontbind | 1990–91 |
Land | ![]() ![]() |
Weermagdeel | ![]() |
Onderdeel van | Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag |
Tipe | Gemotoriseerde Infanterie |
Hoofkwartier | Rundu, Suidwes-Afrika |
Uitrusting | Casspir, Buffel, Kwêvoël en Bedford trokke |
Sluit
2RAB (Tweede Regiment Algoabaai) onder bevel van kommandant Robin Field het opdrag gekry om in die tweede helfte van 1977 vir drie maande lank die verantwoordelikheid te aanvaar vir 'n bepaalde subsektor (met hoofkwartier te Okotope) van sektor 10 in die operasionele gebied.
Ná inleidende operasionele opleiding te Oshivelo is 2RAB in die Okotopegebied ontplooi. Drie van 2RAB se pelotonsersante is op afgedeelde diens na 1 Owambo Bataljon (later: 101 Bataljon) se opleidingsbasis by Ondangwa gestuur vir die eerste plaaslike opleiding van 'n nuwe inname Owambosoldate. Dié driemanskap het bestaan uit sersante Lawrie Evans, Selwyn Gray en Petrus Potgieter.