Р (Cyrillies)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Р (kleinletter: р) is ’n letter van die Cyrilliese alfabet en moenie met die letter P in die Latynse alfabet verwar word nie. Dit word uitgespreek as /r/ of /rʲ/. In die ou Cyrilliese alfabet was die letter se naam rjtsi (рьци) en het dit ’n syferwaarde van 100 gehad.