Kalmarunie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kalmarunie (Deens, Noors en Sweeds: Kalmarunionen; Fins: Kalmarin unioni; Yslands: Kalmarsambandið; Latyn: Unio Calmariensis) het die drie koninkryke van Denemarke, Noorweë en Swede in 1397 onder een monarg verenig. Die lande het hulle soewereiniteit maar nie hulle onafhanklikheid prysgegee nie.[1] Sweedse ontevredenheid oor die Deense gesentraliseerde bestuur het dan ook gelei tot konflik wat sou lei tot die uitmekaarval van die unie in 1523.
| |||||
| |||||
Die Kalmar Unie teen die begin van die 16de eeu. | |||||
Hoofstad | Kopenhagen 55°51′N 12°34′O | ||||
Godsdiens | Rooms-Katolieke Kerk | ||||
Regering | Monargie | ||||
Koning | |||||
- 1387–1412 (Denemarke) 1388–1389 (Noorweë) 1389–1412 (Swede) |
Margrethe I Valdemarsdatter | ||||
- 1389–1442 (Noorweë) 1396–1439 (Swede) 1396–1439 (Denemarke) |
Erik van Pommere[n 1] | ||||
- 1481–1513 (Denemarke) 1483–1513 (Noorweë) 1497–1501 (Swede) |
Hans van Denemarke | ||||
- 1513–23 (Denemarke en Noorweë[n 2]) 1520–21 (Swede) |
Christiaan II | ||||
- 1524–33 | Frederik I | ||||
Wetgewer | Riksråd en Herredag (een in elke koninkryk) | ||||
Historiese tydperk | Middeleeue | ||||
- Margrethe I erken as regent van Denemarke | 1387 | ||||
- Gevestig | 17 Junie 1397 | ||||
- Engelbrekt rebellie | 1434–36 | ||||
- Stockholm Bloedbad | November 1520 | ||||
- Gustav Vasa verkies tot Koning van Swede | 6 Junie 1523 | ||||
- Deense Rigsråd annekseer Noorweë | 1536 | ||||
- Verdrag van Kiel | 14 Januarie 1814 | ||||
Area | 2 839 386 km2 1 096 293 sq mi | ||||
Geldeenheid | Mark, penning |
Die personeleunie is gevorm deur die koningin Margrethe I van Denemarke (1353–1413) in die Sweedse stad Kalmar, aan die Deense grens, nadat Deense en Sweedse troepe die Sweedse koning, Albert van Mecklenburg verslaan het. Koningin Margrethe I kon haar neef Erik van Pommere op die Noorse troon kry, wie vervolgens tot koning verklaar word van eweneens albei ander lande. Margrethe I beloof om die politieke invloedvoorregte van die adel te beskerm in haar unie, maar koning Erik wou die monargie versterk.