92ste Oscar-toekenningsaand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 92ste Oscar-toekenningsaand is op 9 Februarie 2020 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om met Oscars, ook bekend as Academy Awards, erkenning te gee aan die rolprente van 2019.
Kitsfeite
92ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 9 Februarie 2020 | |
Plek | Dolby-teater, Hollywood | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Parasite | |
Beste regisseur | Bong Joon-ho | |
Beste akteur | Joaquin Phoenix | |
Beste aktrise | Renée Zellweger | |
Meeste pryse | Parasite (4) | |
Meeste benoemings | Joker (11) |
Sluit
Parasite het vier Oscars gewen, insluitende vir beste rolprent; dit is die eerste nie-Engelse prent wat dit wen.[1][2] Ander wenners sluit in 1917, met drie Oscars; Ford v Ferrari, Joker en Once Upon a Time in Hollywood, met twee Oscars elk; en American Factory, Bombshell, Hair Love, Jojo Rabbit, Judy, Learning to Skateboard in a Warzone (If You're a Girl), Little Women, Marriage Story, The Neighbors' Window, Rocketman en Toy Story 4, met een elk.[3]