73ste Golden Globe-toekenningsaand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 73ste Golden Globe-aand, wat uitnemendheid in die rolprente en TV-programme van 2015 vereer het, is op 10 Januarie 2016 deur NBC in The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië, gehou.[1] Die benoemdes is op 10 Desember 2015 aangekondig.[2][3][4]
Kitsfeite
73ste Golden Globe-aand
| ||
Datum | 10 Januarie 2016 | |
Plek | The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië | |
Aanbieder | Ricky Gervais | |
Beste rolprente en reekse | ||
Rolprent | The Revenant (drama) The Martian (komedie of musiekspel) | |
TV-reeks | Mr. Robot (drama) Mozart in the Jungle (musiek of komedie) | |
Minireeks of TV-prent | Wolf Hall |
Sluit
Ricky Gervais het die geleentheid vir die vierde keer aangebied.[5] Mr. Robot, Mozart in the Jungle, The Revenant, The Martian en Steve Jobs was van die produksies wat meer as een prys gewen het.[6]