Doebai (emiraat)
Doebai(Arabies: دبي, Dubayy, [dʊˈbajj]), amptelik die Emiraat Doebai, is een van die sewe outonome emirate van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) wat op die Arabiese Skiereiland aan die Persiese Golf geleë is. Doebai het 'n oppervlakte van 3 885 km² en is intussen met 4,1 miljoen inwoners die bevolkingrykste emiraat in die federasie nog voor Aboe Dhabi. Die oorgrote meerderheid van die bevolking is in die gelyknamige hoofstad saamgetrek wat die ekonomiese, kulturele, sosiale en politieke lewe van Doebai oorheers.
Read article