Map Graph

Borneo

derde grootste eiland in die wêreld volgens gebied, geleë in Suidoos-Asië

Borneo, die wêreld se derde grootste eiland, ná Groenland en Nieu-Guinee, beslaan 'n oppervlakte van 743 330 km² en word begrens deur die Suid-Chinese See in die noordweste, die Soeloesee in die noordooste, die Celebessee in die ooste en die Javasee in die suide. Borneo is die grootste en mees noordelike van die vier Groot Soenda-eilande asook die grootste eiland van Asië. Dit is in die noorde van Java, in die noordooste van Soematra, in die ooste van die Maleise Skiereiland, in die suidweste van die Filippyne en in die noordweste van Soelawesi langs die ewenaar geleë. In die suidweste verbind die Karimatastraat die Javasee met die Suid-Chinese See en in die suidooste verbind die Makassarstraat die Celebessee met die Javasee.

Read article
Lêer:Borneo_Topography.pngLêer:LocationBorneo.svgLêer:Borneo_sat.jpgLêer:Borneo2_map_english_names.svg