Map Graph

Blyderivierspoort

Kloof in Suid-Afrika

Blyderivierspoort is 'n diep kloof in die noorde van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die besondere natuurverskynsel is in Mpumalanga net noord van Graskop geleë, en is een van Suid-Afrika se mooiste besienswaardighede. Die kloof maak deel uit van Blyderivierspoort-natuurreservaat, wat sowat 24 000 ha beslaan. Die kloof is 26 kilometer lank en gemiddeld ongeveer 800 meter diep, en vorm in die noorde 'n poort in die Drakensberg-eskarp. Die kloof se hoë wande bestaan hoofsaaklik uit rooi sandsteen wat ontbloot is namate dit deur die Blyderivier uitgekerf is. Hierdie botaniese wonderland strek vanaf die Bourke's Luck-kolkgate in die suide tot by die poort in die noorde van die gebied. Die sogenaamde "Drie Rondawels" is drie reusagtige rotse, in die vorm van hutte, wat bo die kloof uittroon. Blyderivierspoort is op die sogenaamde Panoramaroete wat by Graskop begin en "God's Window", die "Pinnacle" en die kolkgate by "Bourke's Luck" insluit.

Read article
Lêer:Panneau_Blyde_River.jpgLêer:Gedenkplaat_(1).jpgLêer:The_Escarpment_and_the_Drakensberg.jpgLêer:Blyde_River_Canyon_Panorama_2013.jpgLêer:Blyde_River_Canyon,_South_Africa_2.JPGLêer:God's_Window,_South_Africa.jpgLêer:Bourke's_Luck_Potholes.jpgLêer:Motlatse_Canyon_Bourke's_Luck_Potholes_(5).jpg