Asjantiryk
Die Asjantiryk, ook gespel Ashanti of Asante, was van 1670 tot 1957 ’n Akanryk in wat nou Ghana is. Dit het uitgebrei van Asjanti na die hedendaagse Brong-Ahafo-, Sentrale, Oostelike, Groter Accra- en Westelike Streek van Ghana. Danksy die ryk se militêre mag, rykdom, argitektuur, gesofistikeerde hiërargie en kultuur is die Koninkryk Asjanti wyd bestudeer en het meer geskiedskrywings daaroor deur Europese, veral Britse, skrywers die lig gesien as oor enige ander inheemse kultuur van Afrika suid van die Sahara.
Read article