Wonderboomlughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wonderboomlughawe lê sowat 8 km noordoos van die stadsgebied van Pretoria, Suid-Afrika. Daar is tans 'n opknappingsproses aan die gang en die aanloopbaan word ook verleng - alhoewel die omgewingsimpakstudie wat in 2004 gedoen is, gewys het dat die geraasbesoedeling reeds hoog is. Die projek om die aanloopbaan te verleng is destyds afgekeur omdat die geraas van nog meer (en nog groter) vliegtuie die omgewing sou aftakel.
Wonderboomlughawe | |||
---|---|---|---|
Uitsig oor die lughawe | |||
IATA: PRY – ICAO: FAWB
| |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Siviel | ||
Eienaar | Stad van Pretoria | ||
Ligging | Pretoria, Suid-Afrika | ||
Hoogte bo seevlak | 1248 m / 4095 vt | ||
Koördinate | 25°39′13″S 28°13′27″O | ||
Webtuiste | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
06/24 | 1 280 | 4 200 | Teer |
11/29 | 1 828 | 6 000 | Teer |
Op 24 Augustus 1998 het 'n Aero Modifications International DC-3-65TP (registrasienommer ZS-NKK) van "Speed Service Couriers" tydens opstyging neergestort. Die vliegtuig het instandhouding ondergaan en die hoogteroer is per abuis in die volle neus-op posisie gelaat. Die vlieënier het versuim om alle voorvlugprosedures uit te voer en het nie kennis geneem van die posisie van die hoogteroer nie. Een van die twee bemanningslede is dood. Die vliegtuig was op 'n posvlug onderweg na Durban Internasionale Lughawe.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.