From Wikipedia, the free encyclopedia
Wichita is die grootste stad in die VSA-deelstaat Kansas. Dit is 'n industrieële stad in die suidooste van Kansas, geleë waar die Groot Arkansas- en Klein Arkansasriviere saamvloei. Dit is ook die administratiewe setel van Sedgwick County en ook 'n belangrike sentrum vir die koring- en meelbedryf.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Kansas |
County | Sedgwick |
Koördinate | 37°41′N 97°20′W |
Stigting | 1863 |
Inkorporasie | 1870 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 423,7 vk km |
Hoogte bo seevlak | 396 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 386 552 |
- Bevolkingsdigtheid | 900/vk km |
Tydsone | CST (UTC -6) |
Somertyd | CDT (UTC -5) |
Burgemeester | Carl Brewer |
Amptelike Webwerf | wichita.gov |
Die stad het ontstaan tydens die Amerikaanse Burgeroorlog toe Indiane hier kom bly het, afkomstig van Oklahoma, om konflik te vermy. Blanke koopsmanne het ook hier kom bly en in 1867 het die Indiane die stad verlaat. Die nedersetting het dorpstatus in 1872 verkry.
Barack Obama se moeder, Ann Durham, is in hierdie stad gebore.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.