Wagwoord

From Wikipedia, the free encyclopedia

Wagwoord
Remove ads
Remove ads

'n Wagwoord is 'n woord of tekenreeks wat gebruik word vir gebruikerverifikasie om identiteit te bewys, of toegangsgoedkeuring tot 'n hulpbron te verkry. 'n Wagwoord moet geheim gehou word van diegene wat nie toegelaat word nie.

Meer inligting Subklas van, Gebruik ...
Wagwoord
Thumb
Thumb
'n Wikipedia intekenform wat vir 'n gebruikersnaam en wagwoord vra.

In moderne tye word gebruikername en wagwoorde gewoonlik gebruik deur mense tydens 'n aanmeldproses wat toegang beheer na beskermde rekenaarbedryfstelsels, selfone, TV-dekodeerders, OTM'e, ens.

Ten spyte van die naam, is dit nie nodig vir wagwoorde om woorde te wees nie. Wagwoorde kan bestaan uit enige karakters. Wagwoorde wat slegs bestaan uit syfers is ook bekend as 'n wagkode, wagsleutel, of PIN (persoonlike identifikasienommer), soos dié wat gewoonlik gebruik word by 'n OTM.

Meeste organisasies het 'n wagwoordbeleid wat vereistes stel vir die samestelling en gebruik van wagwoorde. Tipies sluit dit die volgende in: minimumlengte, vereiste kategorie (bv. hoof- en kleinletters, syfers, en spesiale karakters), verbode elemente (bv. eie naam, geboortedatum, adres, telefoonnommer). Sommige regerings het nasionale verifikasieraamwerke met vereistes vir gebruikerverifikasie vir regeringsdienste, insluitend vereistes vir wagwoorde.[1]

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading content...

Eksterne Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads