spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Groot Beer From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Vuurwielsterrestelsel (ook bekend as Messier 101 of NGC 5457) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 20,9 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en was een van die laaste komeetagtige voorwerpe wat Charles Messier in sy katalogus opgeneem het.
Vuurwielsterrestelsel | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Groot Beer | |||
Messier-naam | Messier 101 | |||
Tipe | SAB(rs)cd | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 14h 03m 12,6s | |||
Deklinasie | 54º 20' 57" | |||
Skynmagnitude | 7,86 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 20,9 miljoen | |||
Skynbare grootte | 28′,8 × 26′,9 | |||
Rooiverskuiwing | 0,000804 | |||
Ander name | NGC 5457, UGC 8981, PGC 50063, Arp 26 | |||
|
Op 28 Februarie 2006 het Nasa en die Europese Ruimteagentskap ’n foto van die Vuurwielsterrestelsel uitgereik; dit was in dié stadium die grootste en mees gedetailleerde foto deur die Hubble-ruimteteleskoop.[1] Op 24 Augustus 2011 is ’n tipe Ia-supernova, SN 2011fe, in M101 ontdek.
M101 is ’n relatief groot sterrestelsel in vergelyking met die Melkweg. Dit het ’n deursnee van 170 000 ligjare en is 70% groter as die Melkweg. Die massa van sy skyf is sowat 100 miljard sonmassas en sy romp sowat 3 miljard sonmassas.[2]
Nog ’n merkwaardige eienskap van die stelsel is sy groot en helder H II-gebiede, waarvan sowat 3 000 op foto's gesien kan word. H II-gebiede word geïoniseer deur groot getalle uiters helder en warm jong sterre.
Op foto's kan gesien word M101 is asimmetries aan die een kant. Daar word geglo M101 het ’n amper-botsing met ’n ander sterrestelsel gehad en dat die meegaande swaartekrag-getykragte dit veroorsaak het. ’n Hoë mate van stervorming is tegelykertyd geaktiveer.
Op 24 Augustus 2011 is ’n tipe Ia-supernova, SN 2011fe, in M101 ontdek. Dit het ’n skynbare helderheid van 17,2 mag gehad, en was op sy helderste 9,9 mag.[3][4][5] Dit was die vierde supernova wat in M101 waargeneem is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.