'n Vulkaanskeur, ook bekend as 'n skeuropening of uitbarstingskeur, is 'n lineêre vulkaanopening waardeur lawa uitbars, meestal sonder enige ontploffende aktiwiteit. Die opening is gewoonlik 'n paar meter breed en kan baie kilometers lank wees. Skeure kan groot vloedbasalte veroorsaak wat eers in lawakanale vloei en later in lawatonnels. Ná 'n tyd bou die uitbarsting spatselkeëls op en kan dit op een of meer van hulle konsentreer.

Thumb
'n Vulkaanskeur en lawakanaal.

Die intrusiegange wat die skeure voed, bereik die oppervlak van dieptes van 'n paar kilometer en verbind hulle met dieper magmareservoirs, dikwels onder vulkaansentrums. Skeure word gewoonlik aangetref in of langs klowe en kloofsones, soos Ysland en die Oos-Afrikaanse Skeur. Dit kom ook dikwels op skildvulkane voor.[1][2]

Verwysings

Skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.