vlag From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vlag van die Britse Indiese Oseaangebied is op 8 November 1990 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou Britse vaandel met sewe golwende wit bane op die blou agtergrond, ’n unievlag in die skildhoek en ’n palmboom met ’n kroon oor die stam op die wapperkant.
Gebruik | Burgerlike- en Staatsvlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 8 November 1990[1] |
Ontwerp | ’n Blou vaandel met sewe golwende wit bane en ’n palmboom met ’n kroon daaroor op die wapperkant. |
Die vlag bevat die unievlag in die skildhoek en beeld die water van die Indiese Oseaan, waar die eilande geleë is, uit in die vorm van wit golwende bane op ’n blou agtergrond.[2] Die vlag vertoon ook ’n palmboom wat bo die kroon van Sint Eduard uittroon. Die vlag is tydens die 25ste herdenking van die gebied deur koningin Elizabeth II vir gebruik verleen aan die kommissaris en die vlag het slegs halfamptelike status.[3]
Aangesien siviele besoekers nie in die Britse Indiese Oseaangebied toegelaat word nie, is die gebruik van die vlag onseker. ’n Video wat deur die Vlootsteunfasiliteit in Diego Garcia vrygestel is, toon ’n toneel waar die vlag op land in die gebied gehys is.[4] Die enigste nedersettings op die eilande is die Anglo-Amerikaanse vloot- en lugmagbasisse.
Die vlag word in Diego Garcia naas die Amerikaanse vlag vertoon. Albei word teen sononder gestryk.
Die vlag is ontwerp vir die kommissaris van die Britse Indiese Oseaangebied.[1] Die kommissaris se basis is die Kantoor vir die Buiteland en die Gemenebes in Londen.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.