Vlag van Grenada
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Grenada is op 7 Februarie 1974 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n rooi band buite om met ses geel vyfpuntige sterre aan die bo- en onderkant. Binne die rooi band is twee geel (bo en onder) en twee groen (vlagpaal- en wapperkant) driehoeke, ’n rooi skyf en vyfpuntige geel ster in die middel van die vlag en ’n klawertjie neutmuskaat in die groen driehoek aan die vlagpaalkant.
Gebruik | Nasionale vlag |
---|---|
Verhouding | 3:5 |
Goedgekeur | 7 Februarie 1974 |
Ontwerp | ’n Rooi band buite om met ses geel sterre in, twee geel en twee groen driehoeke daar binne, ’n rooi skyf en ster in die middel en ’n klawertjie neutmuskaat aan die vlagpaalkant. |
Ontwerp deur | Anthony C. George |
Gebruik | Burgerlike en Staatsvaandel |
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 7 Februarie 1974 |
Ontwerp | Dieselfde as die nasionale vlag behalwe dat die verhouding verskil. |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Rooi Sint Joriskruis op ’n wit doek met die nasionale vlag in die skildhoek. |
Die ses sterre in die rooi band stel ses gemeentes (provinsies) van Grenada voor met die ster in die middel, wat in ’n rooi skyf is, wat die hoofstad St. George’s voorstel. Die neutmuskaat aan die vlagpaalkant van die vlag stel een van die land se vernaamste uitvoerprodukte voor. (Daar is soms verwys na Grenada as die "Spesery-eiland".[1]
Die kleurkombinasie van rooi, geel en groen (die Pan-Afrika kleure) in die vlag stel die land se verbintenis met Afrika voor. Verder stel rooi moed en vitaliteit voor, geel stel wysheid en warmte voor en groen stel die plantegroei en landbou voor.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.