From Wikipedia, the free encyclopedia
VfB Marburg is 'n sokkerklub uit Marburg in die deelstaat Hesse in Duitsland.
Volledige naam | Verein für Bewegungsspiele 1905 Marburg e. V. |
Stigtingsdatum | 13 Mei 1905 |
Tuisveld | Stadion an der Gisselberger Straße, Marburg Georg Gaßmann-stadion, Marburg |
Kapasiteit | 4 000 12 000 |
Kompetisie | Oberliga Hesse |
Die klub is op 13 Mei 1905 gestig as Marburger Fußball-Klub 1905 in die restaurant Bopps Terrassen in Marburg. In 1908 het die klub ander sportsoorte begin aanbied en sy naam verander na Verein für Bewegungsspiele 1905 Marburg. Die Eerste Wêreldoorlog het die klub swaar getref met 41 lede wat in veldslae omgekom het en die klub moes sy bedrywighede staak. Die klub is egter op 1 Februarie 1919 herstig. Op 30 Augustus 1925 het die klub met SV Kurhessen saamgesmelt om Sportvereinigung VfB 05-Kurhessen te vorm.
In 1937 word die klub deur die Nazi‘s gedwing om met Marburger Turnverein saam te smelt om VfL Marburg te vorm. Op 9 April 1992 word die sokkerafdeling onafhanklik onder die huidige naam, dieselfde naam waaronder die klub bekend geword het tussen 1908 en 1925.
Die klub het tussen 1933 en 1944 ses seisoene in die Gauliga deurgebring op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur en die klub se beste prestasie is in 1943 behaal toe daar tweede geëindig is.
Die klub speel die meeste van sy ligawedstryde op die Stadion an der Gisselberger Straße, wat aan die klub behoort, maar groot wedstryde word op die Georg Gaßmann-stadion (wat aan die stad behoort) gespeel.
|
|
Oberliga Hesse 2009/10-seisoen | |
Viktoria Aschaffenburg - SVA Bad Hersfeld - 1. FC Eschborn - KSV Baunatal - FSV 1926 Fernwald - |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.