From Wikipedia, the free encyclopedia
Venesiese rooi is 'n ligte en warm, effens onversadigde rooi kleurpigment met 'n effens donkerder skynsel as skarlaken wat uit hematiet - byna suiwer ysteroksied (Fe2O3) ontgin word. Moderne variante word dikwels van sintetiese rooi ysteroksied verkry.
#C80815 |
Die eerste opgetekende gebruik van Venesiese rooi as 'n kleur se naam in Engels was in die jaar 1753. Venesiese rooi is as rooi aardkleur dikwels in Italiaanse Renaissance-skilderye gebruik. 'n Alternatiewe benaming was sinopia, afgelei van die Noord-Turkse seehawe Sirop van waar hoëgehalte-kleurpigmente uitgevoer is. Dit was die belangrikste bestanddeel in 'n pigment wat as cinabrese bekend gestaan het en deur die 15de eeuse Italiaanse skilder en skrywer Cennino Cennini in sy handboek oor skilderkuns (Il Libro dell'Arte) beskryf is.
Cennini het aanbeveel om Venesiese rooi in die verhouding 2:1 met kalkwit te meng om die natuurlike velkleur van gesigte, hande en naakportrette te skilder.[1]
Volgens verskeie kleurskemas word Venesiese rooi as volg voorgestel:
Model | Koördinate |
---|---|
Heksadesimale kode | #C80815 |
RGB-kleurmodel | (200, 8, 21) |
CMYK | (0, 94, 97, 0) |
HSV | (0°, 84%, 84%) |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.