Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Umzimvubu is 'n rivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die naam beteken seekoeirivier (van Xhosa Imvubu (mv. i(z)imvubu)), seekoei). Die rivier ontspring in die Drakensberge by die grens met Lesotho en vloei deur die Transkei-gebied van die Oos-Kaap, deur die voormalige hoofstad Mthatha, tot by Port St. Johns aan die Indiese Oseaan.
Umzimvubu Mzimvubu | |
---|---|
Die poorte van St. Johannes naby die monding | |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Oorsprong | Drakensberge |
Sytak -links | Kinira, Tina, Tsitsa |
Sytak -regs | Mzintlava |
Monding | Indiese Oseaan |
Lengte | 250 km |
Oorsprong-hoogte | 2 050 m |
Monding-hoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 19 853 km2 |
Koördinate: 31°37′22.1″S 29°32′57.47″O |
Die Umzimvubu ontspring in die noordelike deel van die Oos-Kaap, in die gebied van Matatiele en Mount Fletcher naby die Lesotho-grens. Die vloei met kronkels en draaie in 'n algemeen suidoostelike rigting. By Port St. Johns vloei dit deur 'n indrukwekkende kloof, bekend as die "Poorte van St. Johannes", met 'n estuarium in die Indiese Oseaan in. Dit is ongeveer 400 km lank met 'n opvanggebied van 19 853 km².[1]
Alhoewel dit een van Suid-Afrika se belangrikste riviere is, is die Umzimvubu se opvanggebied grootliks onderontwikkeld. Die rivier is tans deel van die Umzimvubu tot Keiskamma Waterbestuursgebied.[2]
In 1635 het die Portugese skip Nossa Senhora de Belem by die mond van die Umzimvubu gestrand.[3]
Die Umzimvubu verdeel Pondoland in 'n Oostelike en Westelike Pondoland.[4] Die riviermond is voorheen as 'n hawe gebruik, maar dit is in die 1940's gestaak. Die monding is weens toeslikking te vlak vir groot skepe en die ingang is soms deur sand belemmer. Die monding is tans slegs vir klein vaartuie begaanbaar, wat sowat 10 km stroomop kan vaar.
Die belangrikste sytakke van die Umzimvubu is die Tsitsarivier, die Tinarivier, die Kinirarivier en die Mzintlavarivier.[5] Hoër op in sy boloop sluit die Rietrivier uit KwaZulu-Natal aan.
Sommige van die visse wat hier gevang word is die reënboogforel ((Oncorhynchus mykiss), 'n ingevoerde spesie, die dikkop-ghieliemientjie (Barbus anoplus) en geelbekpaling (Anguilla mossambica). Grootbekbaars (Micropterus salmoides) en karp (Cyprinus carpio) is indringerspesies.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.