Israeliese Verdedigingsmagte

From Wikipedia, the free encyclopedia

Israeliese Verdedigingsmagte
Remove ads

Die Israeliese Verdedigingsmagte (Hebreeus: צבא הגנה לישראל - Tsva ha-Hagana le-Yisra'el, Arabies: جيش الدفاع الإسرائيلي , Engels: Israel Defense Forces, verkort as IDF) is Israel se weermag en word aangedui as Tzahal (Hebreeus: צה״ל‎).

Thumb
Seël van die Israeliese Verdedigingsmagte
Thumb
Vlag van die Israeliese Verdedigingsmagte

Die weermag is op 26 Mei 1948 gestig na die ontstaan van die staat Israel en as opvolger van die paramilitêre Haganah en die milisies Irgun en Lehi.

Die Tzahal bestaan uit 'n landmag, lugmag en vloot, asook ondersteunende afdelings op die gebied van (tele)kommunikasie, tegnologie en logistiek en die militêre intelligensiediens Aman.

Die Tzahal se bevelvoerder (Ramatkal) is generaal Herzi Halevi, wat ondergeskik is aan die minister van Verdediging Yoav Galant.

Daar is diensplig vir elke man (32 maande) en vrou (24 maande), wanneer hulle agtien jaar oud word.

Die Israeliese Verdedigingsmagte het in 2019 ongeveer 170 000 soldate getel, waarvan ongeveer 103 000 dienspligtig was.

Remove ads

Sien ook

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads