From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Weermag is die gesamentlike land-, see- en lugmag van 'n land. Die groot moonthede van die wêreld, soos Amerika, Rusland en China, het deesdae ook 'n ruimtemag as weermagonderdeel. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag bestaan byvoorbeeld uit die Suid-Afrikaanse Leër (landmag), Suid-Afrikaanse Vloot (seemag), Suid-Afrikaanse Lugmag (lugmag), asook ander eenhede soos die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens.
Moderne weermagte maak van gespesialiseerde toerusting gebruik. Voertuie soos tenks, pantservoertuie, vliegtuie en helikopters, aanvalsvaartuie, duikbote en vliegdekskepe word dikwels ingespan.
In ‘n leër of lugmag word die weermagslede soldate genoem en in ‘n vloot matrose. 'n Soldaat of matroos kan 'n vrywilliger (iemand wat uit eie wil aangesluit het) wees, of deur die regering gedwing is by die weermag aan te sluit (opgekommandeer vir diensplig). Vrywillige weermagte is geneig om kleiner, maar ook meer gespesialiseerd en betroubaar te wees. Gekommandeerde weermagte is groot, maar is dikwels minder betroubaar (dit is moeilik om iemand te dwing om sy lewe teen sy wil te waag). Sommige weermagte bestaan uit huursoldate, wat net vir die geld veg, en min of geen lojaliteit het teenoor die land wat hulle in diens geneem het nie.
'n Weermag word hoofsaaklik vir drie redes gebruik:
'n Sekondêre doel van 'n weermag is werkskepping. In lande met 'n hoë werkloosheidsyfer word instellings soos die weermag soms gebruik om ongeskoolde arbeid in diens te neem. Die gevolg is dat so 'n weermag nie sy primêre funksies na behore kan uitvoer nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.