blomme van die spesie Tulipa From Wikipedia, the free encyclopedia
Tulpe is meerjarige, bolagtige plante met mooi, helder blomme in die genus Tulipa. Daar is sowat 75 wilde spesies,[1] wat tot die familie Liliaceae behoort.[2]
Tulp | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Lilioideae |
Genus: | Tulipa L., (1753) |
Spesies | |
|
Die streke waar die plant natuurlik voorkom, is die Iberiese Skiereiland, deur Noord-Afrika tot Griekeland, die Balkan, Turkye, deur die Levant (Sirië, Israel, Palestina, Libanon, Jordanië) en Iran, noord tot Oekraïne, Suid-Siberië en Mongolië, en oos tot Noordwes-China.[1]
Verskeie spesies en talle hibridiese kultivars word in tuine, potte en as snyblomme gekweek.
Tulpe blom in die lente en groei van bolle. Na gelang van die spesie, kan hulle tussen 10 en 71 cm hoog wees. Die groot blomme groei aan ’n bloeistingel met blare in ’n rosetvorm by die basis en ’n enkele bloeisteel wat tussen die blare uitgroei. Die stingels het min blare. Plante het gewoonlik twee tot ses blare, terwyl sommige spesies tot 12 kan hê. Die blare het ’n wasagtige laag en is dikwels blougroen.
Die meeste tulpplante het net een blom per stingel, maar ’n paar spesies het meer as een. Die gewoonlik kelk- of stervormige blom het drie kroonblare en drie kelkblare, wat dikwels blomdekblare genoem word omdat hulle feitlik identies is. Hierdie ses blomdekblare is dikwels donkerder gekleur aan die binnekant naby die basis. Die blomme kan talle kleure wees, behalwe suiwer blou (verskeie tulpe wat "blou" in die naam het, het ’n effens perserige skakering).[3][4]
Die blomme het ses afsonderlike meeldrade met helmdrade wat korter as die blomdekblare is. Elke stempel het drie afsonderlike lobbe, en die vrugbeginsel is bostandig met drie kamers. Die vrug is ’n ellipsoïdale kapsel (saaddoos) met ’n leeragtige bedekking. Elke kapsel bevat verskeie plat sade in twee rye.[5]
Botrytis tulipae is ’n swamsiekte wat tulpe aantas en die plant eindelik laat vrot.[6] Verskeie ander swamsiektes kan ook voorkom.
Blomme met veeragtig gestreepte kleure wat voorheen gewild was, word veroorsaak deur ’n mosaïekvirus wat deur ’n plantluis oorgedra word. Hoewel dit die blomme mooi laat lyk, verswak dit ook die plant. Sulke plante moet vernietig word. Vandag is dié virus feitlik uitgewis. Moderne veelkleurige blomme is die gevolg van doelbewuste verbastering en het soliede strepe, nie veeragtige kleure nie.
In tuinbou word tulpe in 15 groepe (divisies) verdeel, hoofsaaklik na gelang van hul vorm en grootte.[7][8]
Hulle kan ook geklassifiseer word volgens hul blomtyd:[10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.