Tulbagh
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tulbagh is 'n dorp in die Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit van die provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika) met bykans 9 000 inwoners (2011),[2] Dit is sowat 125 kilometer noord-oos van Kaapstad geleë en is genoem na Ryk Tulbagh, die Kaapse goewerneur van 1751 tot 1771. Tulbagh is die sentrum van 'n wynboustreek.
Tulbagh | |
---|---|
Tulbagh, Wes-Kaap | |
Koördinate: 33°17′6″S 19°8′16″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Kaapse Wynland |
Munisipaliteit | Witzenberg |
Stigting | 1795[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,81 km2 (1,47 vk. myl) |
Hoogte | 180 m (590 ft) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 8 969 |
• Digtheid | 2 354/km2 (6 100/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 69.3% |
• Swart mense | 22.7% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 74.4% |
• Xhosa | 18.3% |
• Engels | 3.6% |
• Sotho | 2.0% |
• Ander | 1.7% |
Poskode (strate) | 6820 |
Skakelkode | 023 |
Baie van die dorp se geboue in Kerkstraat dateer van die tweede helfte van die 18de eeu. Op 29 September 1969 het 'n aardbewing, wat 6,5 op die Richterskaal gemeet het, die dorp verwoes en nege menselewens geëis. Tulbagh lê regstreeks op 'n breuk in die ondergrondse rots wat die sterkte van die aardbewing verklaar. Die heropbou en restourasie van Tulbagh was die grootste projek van dié soort wat tot dusver in Suid-Afrika aangepak is.
Drostdy — Die Kaapse regering het in 1804 heraldiese seëls aan die plaaslike owerhede toegewys. Die Tulbagh-drostdy het Ryk Tulbagh se familiewapen gekry, nl. 'n silwer skild met drie afgesnede Turkkoppe daarop. 'n Anker is agter die wapen geplaas. Die regering het egter in 1814 besluit dat drostdye voortaan eerder die Britse koningswapen moet gebruik.[3]
Die Munisipaliteit, wat in 1861 gestig is, het jare lank Ryk Tulbagh se wapen gebruik. 'n Gedifferensieerde weergawe daarvan is in 1984 by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In blou, drie gebaarde afgesnede Turkkoppe van natuurlike kleur, getulband van silwer. Die helmteken was 'n uitkomende gepantserde regterarm wat 'n kromswaard met die hand swaai.[4]
Die vrugtebedryf is een van die belangrikste plaaslike werkgewers. Vrugte word veral in die noordelike en suidelike dele van die Tulbaghvallei verbou en sluit appels, pere, pruime, perskes, appelkose en sitrusvrugte in. Die grootste deel van die vrugteopbrengs word na Europa, Noord-Amerika en Asië uitgevoer, maar 'n aansienlike gedeelte word ook plaaslik verwerk as droë- of geblikte vrugte.
Wynbou het al lank 'n groot rol in die Tulbaghvallei gespeel, maar dié bedryf het sedert die negentigerjare van die 20ste eeu die vinnigste gegroei. Daar is nou 'n groot aantal wynplase, waarvan sommige wêreldroem geniet. Danksy die topgehalte van plaaslike wyne, wat na bestemmings orals ter wêreld uitgevoer word, is baie nuwe wingerde aangeplant, en nuwe wynkelders het ontstaan. Baie van die wynkelders maak nou deel uit van Tulbagh se Wynroete, een van die gewildste toeristebestemmings in die Wes-Kaap.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Tulbagh. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.