Londense Tower
kasteel in sentraal Londen From Wikipedia, the free encyclopedia
kasteel in sentraal Londen From Wikipedia, the free encyclopedia
Haar Majesteit se Koninklike Paleis en Fort, beter bekend as die Londense Tower, is 'n historiese monument in Sentraal-Londen, Engeland, aan die noordelike oewer van die Teemsrivier. Die Tower is in 1988 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Londense Tower* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die Londense Tower gesien vanaf die Swiss Re-gebou | |
Posisie van die Londense Tower in Groter Londen | |
Koördinate: 51°30′29″N 0°04′33″W | |
Lande | Verenigde Koninkryk |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | ii, iv |
Verwysings | 488 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1988 (12de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Tower se hooffunksie was ’n fort, koninklike paleis en tronk (veral vir koninklikes soos die broers Eduard V van Engeland en Richard van Shrewsbury, 1ste Hertog van York en koningin Elizabeth I, asook ander mense met hoë status). Dit was ’n plek van marteling en teregstellings, ’n arsenaal, skatkamer, dieretuin, die koninklike munt, ’n sterrewag en is, sedert 1303, die tuiste van die kroonjuwele.
Die kasteel staan aan die oostelike grens van die stad Londen se finansiële distrik, aan die Teemsrivier en naby Tower Bridge.
In die middel van die Londense Tower staan die Normandiese Wit Toring, wat in 1078 deur Willem die Veroweraar in die suidoostelike hoek van die stadsmure laat bou is.[1] Die toring was 'n magtige steengeworde simbool vir die nuwe Normandiese bewind in Engeland en sy voorneme om van permanente duur te wees. 'n Tweede funksie was dié van 'n vesting van tot dusver ongekende formaat en skuilplek - vir die nuwe bewindhebbers in die vroeë fase van stabilisering (waartydens opstande van Ange-Sakers nie volledig uitgesluit kon word nie), maar ook vir die Londense bevolking tydens militêre bedreigings van buite.
Die Wit Toring is 27 m hoog en die mure wissel tussen 4,5 m dik by die basis tot amper 3,3 m aan die bokant. In die 1190's het koning Richard die Leeuhart die Wit Toring laat toebou met ’n versterkte muur wat met ’n grag omring was.[2] Hendrik III het die buitekant laat witkalk, vandaar die naam.
Koninklike gevangenes van die Tower sluit in:
Ander bekendes:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.