From Wikipedia, the free encyclopedia
Thomas Andrews, Jr. (* 7 Februarie 1873; † 15 April 1912) was 'n Noord-Ierse sakeman en skeepsbouer; besturende direkteur en hoof van die tekenkantoor van die skeepsbouwerf Harland and Wolff in Belfast, Ierland.
Thomas Andrews, Jr. | |
---|---|
Gebore | 7 Februarie 1873 Comber, graafskap Down, Ierland |
Sterf | 15 April 1912 (op 39) |
Nasionaliteit | Koninkryk van Groot-Brittanje |
Beroep | Skeepsbouer |
Eggenoot | Helen Reilly Barbour (1908-1912) |
Kinders | Elizabeth Law Barbour Andrews (1910-1973) |
Andrews was die skeepsargitek wat die stoomskip RMS Titanic ontwerp het. Hy was aan boord van dié skip toe dit op sy nooiensvaart op 14 April 1912 'n ysberg getref en gesink het. Andrews was een van 1 507 passasiers en bemanningslede wat in die ramp gesterf het.
Thomas Andrews is in Ardara House, Comber in die Ierse graafskap Down as die tweede seun van Thomas Andrews (1843–1916), 'n lid van die Geheime Raad van Ierland (Privy Council of Ireland), en Eliza Pirrie (1845–1929) gebore.[1] Twee van sy broers het later belangrike poste in die openbare lewe van Noord-Ierland beklee - John Miller Andrews as eerste minister en Sir James Andrews as hoofregter.
Thomas Andrews het in Ardara House grootgeword en vanaf 1884 tot 1889 by die Royal Belfast Academical Institution skoolgegaan. Daarna het hy op die ouderdom van sestien jaar sy beroepsopleiding by die Harland and Wolff-skeepswerf in Belfast begin waar sy oom, Viscount Pirrie, gedeeltelike eienaar was.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.