The Winter's Tale
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
The Winter's Tale ("Die Wintersprokie") is 'n toneelstuk deur William Shakespeare. Die oorspronklike datum van die toneelstuk was vir meer as 'n halwe eeu betwis.[1] Volgens Charles Barrel is die laatste moontlike datum 1594,[2] maar vele ander kritici glo dat die toneelstuk een van Shakespeare se latere werke was, moontlik geskryf in 1610 of 1611.[3] Sommige kritici, waaronder ook W.W.Lawrence (Lawrence, 9-13), beskou dit as een van Shakespeare se "probleem"-toneelstukke, aangesien die eerste drie bedrywe met intense psigologiese drama gevul is, terwyl die laaste twee bedrywe komies is en 'n gelukkige einde het. Die toneelstuk bevat ook Shakespeare se bekendste verhoogproduksie: Af, gevolg deur 'n beer, wat die dood van Antigonus beskryf.
The Winter's Tale is in Afrikaans vertaal deur Eitemal. Dit is vir die eerste keer onder die titel "Die Wintersprokie" in 1975 uitgegee. Anna Neethling-Pohl het die toneelstuk ook vertaal en, alhoewel dit gereeld deur die destydse SAUK en streekrade gebruik is, is haar weergawe tans nie kommersieel verkrygbaar nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.