From Wikipedia, the free encyclopedia
The Friend was 'n Engelstalige oggendblad wat deur die Argus Printing and Publishing Company (tans Independent News & Media) in Bloemfontein uitgegee is tot die koerant se sluiting tydens die ekonomiese insinking in Suid-Afrika in die middel jare tagtig. Van toe af was Die Volksblad, nou Volksblad, die enigste dagblad in die Vrystaat, hoewel al Gauteng se dagblaaie wyd in die provinsie versprei word. In 2020 is die gedrukte weergawe van Volksblad gestaak.
Dit is op 10 Junie 1850 van stapel laat loop as The Friend of the Sovereignty and Bloemfontein Gazette en het die eerste keer in 1896 as dagblad verskyn. Die koerant het publikasie gestaak van 1900 tot 1902 tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Vroeg in 1900 is dit bedryf deur 'n groep oorlogskorrespondente, onder wie Rudyard Kipling.
De Tijd is in 1862 opgerig as teenvoeter vir The Friend se Britsgesinde ingesteldheid en was die eerste Nederlandse koerant in die Oranje-Vrystaat. Dit het tot 1875 bestaan.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.