From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Tetrakwark is in deeltjiefisika ’n eksotiese meson wat uit vier kwarke bestaan. In beginsel is ’n tetrakwark-toestand moontlik in kwantum-chromodinamika, die moderne teorie van sterk wisselwerkings.
Die eerste kandidaat-tetrakwark is in 2003 in Japan voorgestel.[1] Dié deeltjie sou 3 872 MeV weeg. In 2007 is die Z(4430)-deeltjie voorgestel wat ’n massa van 4 430 MeV sou hê, en in 2014 is dit waargeneem by die Groot Hadronversneller.[2]
In 2009 het Fermilab aangekondig hulle het ’n deeltjie ontdek wat voorlopig Y(4140) genoem word, en dit kan ook ’n tetrakwark wees.[3] In 2010 het drie wetenskaplikes data van vorige eksperimente herontleed en aangekondig dat ’n goed gedefinieerde tetrakwark bestaan.[4][5]
In Junie 2013 het twee onafhanklike groepe die moontlike ontdekking van die Zc(3900)-tetrakwark aangekondig.[6] [7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.