Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Telegrafie (afgelei van die Griekse woorde τηλε (ver) en γραφειν (skrywe) is die stuur van berigte (telegramme) oor 'n lang afstand. Dit verskil van gewone pos in dat telegrafie slegs die inligting stuur, nie die fisiese brief nie. Oor die loop van tyd is verskillende tegnieke gebruik om telegramme te stuur. 'n Toestel wat vir telegrafie gebruik word, word 'n telegraaf genoem. 'n Persoon wat 'n telegraaf bedien is 'n telegrafis.
Telegrafie vereis dat beide die sender en ontvanger moet weet hoe boodskappe gekodeer en gedekodeer word. Sulke metodes word ontwerp om binne die limiete van die medium van versending gebruik te word. Voorbeelde hiervan is die stuur van rookseine, oprig van bakens, weerkaatsing van lig en die gebruik van semafoor-seine. In die 19de eeu het die benutting van elektrisiteit tot die uitvinding van elektriese telegrafie gelei. Die koms van die radio in die vroeë 1900's het radiotelegrafie en ander vorme van draadlose telegrafie moontlik gemaak. In die Internet-era het telegrafie beduidend verbeter en word natuurlike taal-koppelvlakke gebruik om die onderliggende tegnologie te verberg. Dit het tegnologieë soos e-pos en kitsboodskap-stelsels moontlik gemaak.
Die eerste elektriese telegrawe is in die laat 1700's gemaak, maar dit was moeilik om te gebruik omdat dit te veel drade gehad het. Samuel Morse was die eerste persoon om 'n telegraaf met net een draad tussen die sender en ontvanger te bou. In 1844 het hy 'n telegraaflyn van Baltimore na Washington, D.C. aangelê, waarna telegraaflyne reg oor die Verenigde State van Amerika opgespring het. Sy uitvinding het dit vir mense moontlik gemaak om oor lang afstande in verbinding te bly, en het die uitbreiding na die Amerikaanse Weste bespoedig.[1]
Guglielmo Marconi, die vader van langafstand radio, het die eerste radiotelegraaf gebou. Dit het draadlose kommunikasie tussen kontinente moontlik gemaak.[2]
In moderne telegraafapparaat word kodes aan die hand van die binêre (tweetallige) syfers 0 en 1 saamgestel. 'n Enkele binêre syfer het 2 moontlikhede, en dit kan 0 of 1 wees en bied met ander woorde 21 moontlikhede.
Twee binêre syfers bied dan 4 moontlikhede, want dit kan 00, 01, 10 of 11 wees (22 kombinasies). Met 7 binêre syfers kan 128 (27) kombinasies dus verkry word. Daarvan word die eerste 36 kombinasies gebruik om letters en syfers saam te stel. Die letter A kan byvoorbeeld voorgestel word as 1000001. Dit sal ook nie soos in morsekode in kort en lang seine oorgedra word nie (A= .-), maar in seine met 2 duidelik onderskeibare vlakke en A is dan - ----- - ofte wel 1000001 (waar 1 = - en 0= -).
Die doeltreffendheid van ʼn telegraafstelsel word bepaal deur die aantal letters wat per sekonde oorgedra kan word en die korrektheid waarmee die oordrag geskied. By die oordrag is die beperkende faktor nie soseer die kanaal (kabel, dragolf, ensovoorts) nie, maar die kodering en die dekodering van die seine. Die foute wat kan insluip, is veral die verkeerde oordrag van die aan-af-seine (1 of - en 0 of-). Die seine word met 'n hoë snelheid oorgedra (soms tot 10 kHz of 10 000 pulse per sekonde) en dit kan gebeur dat byvoorbeeld 'n skakelaar of transistor êrens te stadig reageer en 'n O in plaas van 'n 1 deurstuur.
Die eerste telegraaflyn is in 1860 in Suid-Afrika geopen tussen Kaapstad en Simonstad. Dit is die volgende jaar gevolg met ‘n lyn tussen Oos-Londen en Kingwilliamstown en die jaar daarop met ‘n verbinding tussen Port Elizabeth en Grahamstad. Daarna is dit verleng na die diamantvelde en verder na Durban, Bloemfontein en die Witwatersrand. Die hele land was telegrafies verbind in die jaar 1879.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.