From Wikipedia, the free encyclopedia
Die tamboeryn is 'n musiekinstrument in die perkussie-familie wat uit 'n hout- of plastiekraam bestaan met pare van klein metaalsimbale, die sogenaamde "zills". In klassieke terme dui die term tamboeryn op 'n instrument met 'n slagoppervlak waarop geslaan kan word, hoewel sommige variante geen oppervlak het nie. Tamboeryne word dikwels saam met standaard perkussiestelle gebruik. Dit kan gemonteer word, byvoorbeeld op 'n staander as deel van 'n tromstel (en met tromstokke bespeel), of in die hande gehou word en bespeel word deur die instrument te tik of met die palm van die hand te slaan.
Tamboeryne kom in baie vorms, maar die mees algemene vorm is rond. Dit word in verskeie musiekvorme gevind: Turkse volksmusiek, Griekse volksmusiek, Italiaans volksmusiek, klassieke musiek, Persiese musiek, samba, geestelike musiek, popmusiek, countrymusiek en rockmusiek.
Tamboeryne het in Egipte ontstaan, waar dit onder die Hebreërs as die tof bekend gestaan het, 'n instrument wat hoofsaaklik in godsdienstige kontekste gebruik is.[1] Die woord tamboeryn vind sy oorsprong in die Franse tambourin, wat na 'n lang, smal drom verwys wat in Provence gebruik word. Die woord is 'n verkleiningsvorm van tambour, verander deur die invloed van die Arabiese tunbur [2] uit die Middel-Persiese woord tambūr.[3]
Die tamboeryn kan in die hand gehou word of op 'n staander gemonteer word, en kan op verskeie maniere bespeel word — van streel of skud en hard met die hand of 'n stok getref, tot teen die instrumentalis se heup of been geslaan.
Daar is verskeie maniere om 'n tamboerynrol te doen. Die maklikste metode is om die hand wat die tamboeryn vashou by die gewrig vinnig heen en weer te draai.
In rockmusiek word 'n tamboeryn meestal bespeel:
Wolfgang Amadeus Mozart is onder die vroegste Westerse komponiste om die tamboeryn in sy komposisies in te sluit. Sedert die laat agtiende eeu is dit 'n meer permanente element van Westerse orkeste se perkussie-afdeling, soos vergestalt in sommige van Pjotr Tsjaikofski se dansstukke van Die Neutekrakersuite. Gustav Holst se sewe-beweging orkes-suite The Planets bevat ook die tamboeryn op verskeie plekke, veral in die "Jupiter"-beweging.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.