From Wikipedia, the free encyclopedia
Talassa, ook bekend as Neptunus IV, is die tweede binneste maan van Neptunus. Dit is genoem na die seegodin Talassa, dogter van Eter en Hemera uit die Griekse mitologie.
Talassa (1989 N5) soos op 23 Augustus 1989 deur Voyager 2 gesien. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Richard J. Terrile[1] en Voyager-span |
Datum | September 1989 |
Kleinplaneet-benaming | Neptunus IV |
Etimologie | Dogter van Eter en Hemera |
Wentelbaaneienskappe[2][3] | |
Epog 18 Augustus 1989 | |
Halwe lengteas | 50 074,44 km |
Wentelperiode | 0,31148444±0,00000006 d |
Baanhelling | 0,21 ± 0,02° (tot Neptunus se ewenaar) |
Satelliet van | Neptunus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 108 x 100 x 52 km[4][5] |
Gem. radius | 40,7±2,8 km[6] |
Gem. digtheid | 1,23±0,43 g/cm3[7] |
Rotasieperiode | Sinchronies |
Ashelling | 0 |
Temperatuur | gemiddeld ~51 K (geraam) |
Skynmagnitude | 23,32[6] |
Talassa is die een of ander tyd voor middel September 1989 ontdek op foto's wat die ruimtetuig Voyager 2 geneem het. Dit het die voorlopige naam S/1989 N 5 gekry.[8] Op 16 September 1991 het hy sy naam Talassa gekry.[9]
Talassa het ’n onreëlmatige vorm. Dit is waarskynlik saamgestel uit fragmente van Neptunus se oorspronklike mane wat afgesplinter het in botsings teen Triton kort nadat dié maan aangetrek en in sy baie eksentrieke wentelbaan vasgevang is.[10] Dit lyk of dit rofweg skyfvormig is, ’n ongewone vorm vir onreëlmatige liggame.
Die maan het ’n sinchroniese rotasie, wat meebring dat sy wentelbaan al hoe kleiner word; eindelik sal dit óf verbokkel wanneer dit die planeet se Rochelimiet bereik óf teen die atmosfeer bots en ’n nuwe ring van Neptunus word. Relatief kort daarna kan die verspreidende rommel ’n invloed op Despina se wentelbaan hê.
Talassa is in ’n baanresonansie van 69:73 met die naaste maan, Naiade, in ’n "dans van vermyding". Terwyl Naiade om Neptunus wentel, beweeg dit twee keer van bo af verby Talassa, wat ’n kleiner baanhelling het, en daarna twee keer van onder af. Dié siklus word elke ~21,5 aarddae herhaal. Die twee mane is omtrent 3 540 km van mekaar af wanneer hulle verby mekaar beweeg. Hoewel hulle wentelradiusse met net 1 850 km verskil, is Naiade ~2 800 km bo of ander Talassa se wentelvlak wanneer dit op sy naaste daaraan is. Dié resonansie, nes baie ander sulke wentelverhoudings, stabiliseer dus die wentelbane. Die rol van baanhellings om hierdie vermyding te veroorsaak in ’n geval waar eksentrisiteite minimaal is, is egter ongewoon.[11][7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.