From Wikipedia, the free encyclopedia
Tahini (ook bekend as tachina (uitspraak, "tagina") (Arabies) of techina (Hebreeus) ) is 'n puree wat van sesamsaad gemaak word. Dit word gewoonlik geëet saam met sjwarma en falafel. Hummus (kekerertjiepuree) en baba-ghanoush ('n soort slaai van geroosterde eiervrug) word gewoonlik ook saam met tahini genuttig. Tahini word gebruik as 'n smeer op brood en is ook 'n belangrike bestanddeel in halva, wat onder andere in Turkye gemaak word. Tahini word veral gebruik in geregte uit die Midde-Ooste (bv. in Israel, Libanon en Sirië).[1]
Tahinipuree word voorberei deur 'n paar eetlepels sesampasta te meng met suurlemoensap, fyngedrukte knoffel en gekapte pietersielie. Dikwels word seesout ook tydens die voorbereiding bygevoeg. Die mengsel word dan geroer en water bygevoeg totdat die gewenste dikte bereik is. Soet paprika word soms ook daaroor gestrooi.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.