From Wikipedia, the free encyclopedia
Ta Prohm (Khmer: ប្រាសាទតាព្រហ្ម prasat taprohm) is die moderne naam van ’n tempel in Angkor, Kambodja, wat in die laat 12de en vroeë 13de eeu in die Bayon-styl gebou is en oorspronklik Rajavihara (Khmer: រាជវិហារ) geheet het. Dit is sowat 1 km oos van Angkor Thom geleë en is deur die Khmer-ryk se koning Jayavarman VII[1]:125[2]:388 laat bou as ’n Boeddhistiese klooster en universiteit.
Ta Prohm | ||
’n Tetrameles nudiflora groei tussen die tempelgeboue van Ta Prohm. | ||
Koördinate | 13°26′06″N 103°53′21″O | |
Plaaslike naam | ប្រាសាទតាព្រហ្ម | |
Land | Kambodja | |
Soort | Tempel | |
Streek | Siem Reap | |
Oppervlakte | 40 100 ha | |
Geskiedenis | ||
Stigter | Jayavarman VII | |
Gestig | 1186 (voltooi) | |
Tydperk | Middeleeue | |
Kulture | Khmer-ryk | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Deel van | Angkor | |
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, ii, iii, iv | |
Verwysing | 668 | |
Inskripsie | 1992 (16de sessie) | |
Toestand | Bedreig (1992-2004) | |
Streek† | Suidoos-Asië | |
Beskrywing* | Angkor | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Unesco het Ta Prohm in 1992 as ’n wêrelderfenisgebied gelys. Anders as die meeste tempels van Angkor is Ta Prohm in feitlik dieselfde toestand as toe dit ontdek is: Die fotogeniese en atmosferiese kombinasie van bome wat uit die ruïnes groei en die woudomgewing maak dit een van Angkor se gewildste tempels onder toeriste. Die bewaring en restorasie is ’n gesamentlike projek van die Argeologiese Opname van Indië en die Gesag vir die Bewaring en Bestuur van Angkor en die Streek Siem Reap.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.