Swaeligsuur

chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia

Swaeligsuur

Swaeligsuur is 'n anorganiese suur met die chemiese formule H2SO3 wat vorm wanneer swaweldioksied met water reageer:

Meer inligting Algemeen, Fasegedrag ...
Eienskappe

Algemeen

NaamSwaeligsuur 
Ander nameSwael(IV)suur
Thumb
Struktuurformule van Swaeligsuur
Thumb
Chemiese formule H2SO3
Molêre massa82,07 g•mol-1
CAS-nommer7782-99-2  
Voorkomskleurlose vloeistof
Fasegedrag
Smeltpunt
Kookpunt
Digtheid
Oplosbaarheidbestaan nie in oplossing nie[1]

Suur-basis eienskappe

pKa1.85

Veiligheid

Flitspuntnie flambaar

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie
Sluit

Die dissosiasiereaksies word soos volg voorgestel:[2]

           Ka1 = 1.4×10−2; pKa2 = 1.85
           Ka2 = 6.3×10−8; pKa = 7.2

As ons probeer om die oplossing deur verdamping te konsentreer om waterlose swaeligsuur te produseer, sal dit ontbind (die vormingsreaksie sal omgekeer word).

Wanneer dit afgekoel word sal die klatraat[Nota 1] kristalliseer, wat weer by 7 °C sal ontbind. Dus kan swaeligsuur (H2SO3) nie geïsoleer word nie.

Raman-spektra van oplossings van swaeldioksied in water toon slegs seine as gevolg van die SO2-molekule en die bisulfiet-ioon, HSO3.[3][4] Hoewel daar geen bewyse is dat swaeligsuur in oplossing bestaan nie, is die molekule in die gasfase opgespoor.[1]

Swaeligsuur is 'n intermediêre spesie in die vorming van suurreën uit swaeldioksied.[5]

Kyk ook

Aantekeninge

  1. 'n Klatraat is 'n chemiese stof wat uit 'n traliewerk bestaan wat molekules vasvang of bevat. Die woord is afgelei van die Latynse clathratus, wat 'met tralies, traliewerk' beteken.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.