Remove ads
Suid-Afrikaanse modeontwerper From Wikipedia, the free encyclopedia
Suzaan Heyns (* 7 Julie 1981 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse modeontwerper wat in 2008 die gelyknamige luukse mode-etiket in Johannesburg gevestig het.[1] Haar ontwerpe is sedertdien met 'n verskeidenheid pryse bekroon, waaronder die Anglo Gold-prys vir die "mees kreatiewe reeks" ter geleentheid van die Africa Fashion Week. Sy is deur Glamour in 2011 aangewys as Style Star vir dié tydskrif se Woman of the Year.
Suzaan Heyns het haar tersiêre opleiding tussen 2001 en 2003 by die London International School of Fashion in Johannesburg ontvang waar sy 'n diploma in modeontwerp behaal het. Op 28 November 2015 het Suzaan Heyns, wat ook met haar trourok-ontwerpe sukses behaal, self een gedra en getrou met Willem Kitshoff, 'n grafiese ontwerper van Johannesburg en uitvoerende kreatiewe direkteur by 'n advertensieagentskap.[2][3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.