From Wikipedia, the free encyclopedia
IC 3568 is 'n planetêre newel wat sowat 4 500 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Kameelperd (Camelopardalis) geleë is (net sowat 7,5 grade van Polaris af). Dit is 'n relatief jong newel en het 'n deursnee van net sowat 0,4 ligjare. Dit is die Suurlemoenskyfnewel gedoop vanweë sy voorkoms in 'n valskleurbeeld van die Hubble-ruimteteleskoop.[3][4]
Suurlemoenskyfnewel | ||||
'n Foto van IC 3568 gebaseer op data van die Hubble-ruimteteleskoop. | ||||
Soort newel | Planetêre newel | |||
Sterrebeeld | Kameelperd | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 33m 06s | |||
Deklinasie | +82° 34′ 00″ | |||
Magnitude | 12,3 | |||
Ander name | ||||
IC 3568, Perek-Kohoutek 123+34.1 (PK 123+34.1),[1] HD 109540 (sentrale ster)[2] | ||||
|
Die Suurlemoenskyfnewel is een van die eenvoudigste newels bekend: Dit het 'n feitlik perfekte sirkelvorm. Die kern van die newel het nie 'n besonder visuele struktuur nie en bestaan hoofsaaklik uit geïoniseerde helium.[5] 'n Dowwe halo van interstellêre stof omhul die newel. Die sentrale ster is 'n O-tipe ster van spektraaltipe O(H)3.[6]
IC 3568 is op 31 Augustus 1900[7] deur die Amerikaanse sterrekundige Robert Grant Aitken ontdek deur die Lick-sterrewag se Clarkrefrakror van 12". Terwyl hy die komeet Borrelly-Brooks bestudeer het, het hy gesien die ster BD +83° 357 in die Kameelperd word deur 'n klein ronde newel omring. Dit is die volgende nag met die sterrewag se refraktor van 36" bevestig.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.