Susa

From Wikipedia, the free encyclopedia

Susamap

Susa (Persies: شوش, Schūsch; Hebreeus: שושן, Schūschān; Oud-Grieks: Σοῦσα, [ˈsuːsa]; Latyn: Susa; Siries: ܫܘܫ‎, Šuš) was 'n antieke stad. Die oorblyfsels is in die suidweste van die hedendaagse Iran naby die Irakse grens in die Chuzestan-provinsie naby die moderne stad Sjoesj geleë. Susa is een van die oudste deurlopend bewoonde stede wêreldwyd. Die etimologie van die stadsnaam is onseker.

Thumb
Ligging van Susa in Elam
Kitsfeite *, Unesco-wêrelderfenisterrein ...
Susa*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Thumb
Tel van die koninklike stad (links) en die Akropolis (regs), gesien vanaf die Apadana-heuwel in Susa.
Thumb
Susa
Ligging van Susa in Iran
Koördinate: 32°11′26″N 48°15′28″O
Lande  Iran
Tipe Kultuur
Kriteria i, ii, iii, iv
Verwysings 1455
Streek Asië
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2015  (39ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
Sluit

Vanaf die derde tot die eerste millennium v.C. het Susa met kort onderbrekinge as hoofstad van Elam gedien en het ook na die ineenstorting van dié ryk 'n belangrike stedelike sentrum gebly, onder meer tydens die Achaemenidiese Ryk, Seleukidiese Ryk, Partiese Ryk en Sassanidiese Ryk. Verskeie argeologiese opgrawings het ryk vondste opgelewer. Veral die Kodeks van Hammurabi, wat reeds in die oudheid as buit na Susa saamgeneem is, het sterk aandag getrek.

Volgens Bybelse oorlewering het die profeet Daniël tydens die Babiloniese ballingskap in Susa gebly. In die verhale van die Boek Ester neem die stad ook 'n belangrike rol in.

Galery

Sien ook

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Susa.
  • (en) "Susa". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 Februarie 2019.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.