From Wikipedia, the free encyclopedia
Suna Venter (- 29 Junie 2017) was 'n Suid-Afrikaanse joernalis. Sy het as vervaardiger van aktuele sake by RSG onder uitvoerende vervaardiger Foeta Krige gewerk.[1] Venter is op 29 Junie 2017 dood in haar woonstel aangetref.[1][2][3][4] In die aanloop tot haar dood het sy onder verskeie pogings op haar lewe deurgeloop, is sy etlike male met doodsdreigemente geteister, en verskeie kere geïntimideer en geviktimiseer.[3][4][5]
Suna Venter | |
---|---|
Sterf | 29 Junie 2017 (op 32) |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep | Joernalis |
Bekend vir | Slagoffer van geweld, SAUK 8 |
Suna Venter was een van agt joernaliste wat in Julie 2016 deur die SAUK afgedank is nadat hulle protes aangeteken het teen vermoedelike onregmatige inmenging in redaksionele beleid by die openbare uitsaaier.[1][2][3] Die ander betrokke joernaliste was Foeta Krige, Busisiwe Ntuli, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko, en Thandeka Gqubule.[1]
Die SAUK het beweer dat hierdie joernaliste afgedank is omdat hulle die SAUK-bestuur se gesag ondermyn het en omdat hul wangedrag onhoudbaar geword het.[1][2]
Nadat die joernaliste 'n saak teen die SAUK in die arbeidshof aanhangig gemaak het, is sewe van hulle in hul poste heraangestel.[1][2][3]
Venter is op 29 Junie 2017 dood in haar woonstel in Fairland, Johannesburg aangetref.[1][3] Sy was 32 jaar oud. Venter is voor haar dood gediagnoseer met die hartkwaal stres-kardiomiopatie, wat in die volksmond ook as gebreekte-hart-sindroom bekend staan, en wat deur trauma en lang tydperke van onnatuurlike stres veroorsaak word.[1][3] In die jaar wat op haar dood uitgeloop het, het sy onder meer talle dreigende SMS-boodskappe ontvang, is die remkabels van haar motor gesny, is haar motor se bande stukkend gesny, is daar op haar geskiet, is sy ontvoer, aan 'n boom vasgebind en is die gras rondom haar aan die brand gesteek, is sy in 'n aparte skietvoorval twee keer in die gesig geskiet,[2] drie keer aangerand, en het sy onder 'n aantal huisinbrake deurgeloop.[1][3] Haar naasbestaandes en familie is van mening dat hierdie voorvalle tot haar dood gelei het.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.